Gediggies

Sal hierdie bladsy nog opdatteer soos ek die gediggies wat ek vir mensies al geskryf het opspoor. Hier was n paar wat ek al sover gevind het.

“Daar is net twee goed wat help vir pyn – wyn en rym” – JustCarla

WONDERWOORDE:

Woorde maal hier in my kop

Woorde wat ek wens wil stop

Woorde wat deur my are vloei

Woorde wat my hart laat bloei

Dalk as ek my self oop sny

Word ek van hierdie woorde bevry

Maar die woorde raak stringe sinne wat ek soos n kombersie om jou wil vou…

Om jou te vertel hoe lief ek jou het en dat ek net vir jou wil vashou.

Mense sê ek is van my sinne beroof,

maar vir hul komentaar raak doof

Want die sinne word lirieke wat musikante hardop sing:

Daai leuntjie deuntjie dat ware liefde jou geluk sal bring…

Die enigste ding wat hierdie woorde gewemel in my kop stil maak,

Was die belaglike beatbox beats wat jy kon kwyt raak…

Ek besef dit is hierdie gedagtes wat my hart verraai,

daai tipe wat die haan laat drie keer kraai…

Wanneer Pertrus sy vriend en Verlosser ontken:

die Bybel-held wat gekom het om ons gebroke harte te wen…

En vir n oomblik wil ek weer in onselfsugtigheid glo,

daai liefde wat ek leer ken het van Bo…

Die soort wat jou nie wil vergryp aan die lus…

daai soort waar ek net my kop op jou bors kan rus…

en luister na die stories wat jou hartklop vertel…

wat jou my held gemaak het toe jy moes veg teen die hel…

en dan word die musiek weer net sinne en die sinne net weer woorde en een vir een droog my woorde op…

wanneer ek besef die patetiese woordstryd-storie is net in my kop…

 

SMEER:

Die stelling: “Ons is te verskillend” is vir my eienaardig. Is dit tog nie gewoonlik die mees uiteenlopende legkaartstukkies wat die beste in mekaar in pas nie? Hoekom soek so baie mense na legkaarstukkies wat dieselfde as hulle is as mens niks daarmee kan bou nie?

Persoonlik dink ek dit is wat fout is met die denkpatroon van meeste Afrikaners. Ons probeer progressief en onkonventioneel voorkom maar tog verwys ons daagliks na dit wat ons verskillend maak asof dit verkeerd is. Teenoorgesteldes. Swart en wit. Slim en dom. Vet en maer. Alhoewel twee blokkies kan verskil in vorm, kleur en posisie; wanneer hulle bymekaar geplaas word vorm dit tog op die ou end van die dag dieselfde prentjie.

Sommige stukkies weet hoe die uitkoms van daardie prentjie gaan lyk, terwyl die algehele beeld vir ander stukkies eers meer duidelik raak soos die stukkies stadig maar seker begin hande vat. Ons almal is maar in stukkies.  Al is ons nie eenders nie, is dit ons gebrokenheid wat ons wel ingemeen het. As verskillende stukkies op ons eie beteken ons niks. Genesing kom wanneer ons in ons stukkende toestand saam met ander stadig maar seker weer begin bou aan die legkaartraaisel.

Ek ken so legkaartstukkkie wat eers stukkend was maar daagliks strewe om te bou aan n beter prentjie. Al verskil ons dag en nag het ek so baie by hom geleer en toe skryf ek hierdie vriend ‘n gediggie oor smeer:

Die smeer proe bitter
die smeer proe soet
maar ongeag die nasmaak is dit goed vir sy gemoed

Die smeer maak soms beter
die smeer maak soms seer
maar ongeag die gevoel sal sy hart weer vinnig leer

Die smeer is soms blou
die seer is soms rooi
maar ongeag die kleur is dit wat hy sien onverstaanbaar mooi

Wat is hierdie smeer wat hom weer laat sing?
Dis daai wonder bo wonder salwing wat genesing sal bring.

 

30 SE LES:

In my peuter jare was daar 2 tipes meisies…

Die wat van diere hou en die wie wat vir diere bang was…

My hond Tasja was my beste vriend.

In my kleuter jare was daar weer 2 tipes meisies…

Die wat van dolfyntjies hou en die wat van perdjies hou…

Daai perde chicks was weird.

In my tiener jare was daar 2 tipes meisies…

Die wat n dolfyntjie tattoo kry en die die wat dink dis common…

Common met n kappie op die K.

Dan in my vroee twintigs was daar 2 tipes meisies…

die wat nog altyd n tattoo wou kry en die wat steeds dink dis common…

Dit was moer seer.

Dan in jou laat twintigs is daar 2 tipes meisies…

die wat nog tattoos kry, en die wat maar hou by die enetjie wat hul het…

Halleluja staan nog daar.

Dan tref jy jou 30s en dan kry jy twee tipes meisies…

die wat spyt en fake is oor wie hul was en dan eweskielik van diere begin hou….

En die wat voor die spieel staan, kyk na die merke op haar bene van soveel keer val, die woorde op haar ribbekas, die lyne op haar voorkop, die snye op haar hart en die letsels van haar verlede…

Sy besef sys nie n tipe nie en probeer tevredenheid in haarself vind en is tog te dankbaar sy het al vir baie dinge JA gese maar dank die Vader, het nooit n dolfyntjie tattoo gekry nie.

Ek staar vir myself in die spieel en wonder of ek maar n hond moet aanskaf, ek hou mos van diere.

Ps: As jy van perdjies gehou het, n dolfyntjie tattoo het en steeds nie weet wie jy is nie, geen oordeel. Die belangrikste les wat ek geleer het is dat daar soveel vryheid is om jouself en ander te aanvaar vir wie jy/hul NOU is. Jys in my lewe en jys uniek, lief vir julle.